Tel 011 780 8296
Sequestration Services / Sekwestrasie Dienste - National
balance your bond (pty) ltd

Drastiese tye verg
drastiese stappe

Wat is Likwidasie?
Die wereldwye ekonomiese krisis het Suid Afrika nie gespaar nie en is daar letterlik honderde duisende mense wat nie meer 'n fraksie van hulle maandelikse verpligtinge kan nakom nie. Hulle is nie seker wat hulle verskillende opsies is om verligting van hulle skuldlas te verkry nie. Skuldinvorderaars skakel dag en nag met dreigemente en wil eenvoudig nie luister na rede of omstandighede nie. Regskoste en rente loop net op en die Balju dreig met beslaglegging, verwydering en verkoping van bates.
Wat is likwidasie?
Likwidasie is n proses waardeur n maatskappy se bestaan tot ‘n einde gebring word
Eerstens word n likwidateur deur die aandeelhouers of die hof aangestel.
Die likwidateur verteenwoordig die belange van al die krediteure.
Die likwidateur is verantwoordelik vir die likwidasie proses, naamlik die invordering en realisering van die maatskappy se bates (omskep dit in kontant), onthef die maatskappy van al sy laste en reel vir die distribusie van oorblywende fondse tussen die aandeelhouers.
Na die voltooing van bogenoemde stappe is die maatskappy finaal gelikwideer en ontbind.
Vraag: Is daar verskillende tipes likwidasies?
Antwoord: Die wet klassifiseer 2 tipe Likwidasies
*Vrywillige Likwidasie ( By wyse van n aandeelhouers resolusie)
*Gedwonge Likwidasie (By wyse van n Hofbevel)
Vrywillige likwidasies (Deur middel van ‘n aandeelhouers- resolusie)
Vrywillige likwidasie verwys na die proses waarby die aandeelhouers n likwidateur aanstel wat dan verantwoordelik is vir die terugvoer van inligting na die krediteure en die aandeelhouers.
Dit is nie nodig vir n hofaansoek in hierdie geval nie.
Alhoewel n Likwidateur die Hof mag nader vir riglyne en die hof is ook by magte om die likwidateur te verwyder.
‘n Vrywillige likwidasie kan ook versoek word deur die raad van direkteure in geval van n spesifieke voorval soos gespesifiseer in die maatskappy se konstitusie.
Voorlopige likwidasie kan in een of twee vorms voorkom , afhangende van die feit of n maatskappy solvent is of nie.
Indien die maatskappy solvent is kan die aandeelhouers die likwidasie monitor en kontroleer,indien die maatskappy insolvent is mag die krediteure beheer oorneem van die likwidasie proses by wyse van ‘n aansoek by die hof.
Die hof sal bewyse van solvensie en insolvensie aanvra om uitsluitsel te gee in die verband.
Gedwonge likwidasie(Deur middel van n Hofbevel)
Gedwonge Likwidasie vereis n Hofbevel
Die proses begin deur n Hofaansoek op grond van 2 moontlikhede.
Die aansoek kan deur die maatskappy of deur ‘n meerderheid van sy direkteure ,die registrateur van maatskappye of n krediteur gebring word.
Onbetaalde krediteure is gewoonlik die belangrikste en die mees algemene redes waarom sulke aansoeke gebring word.
Die prosedure van likwidasie
Die proses neem aanvang wanneer n Likwidateur aangestel word deur een van die volgende: die maatskappy se aandeelhouers by wyse van n spesiale resolusie(vrywillige likwidasie) of deur die hof d.m.v. ‘n hofbevel (Gedwonge likwidasie).
Die Likwidateur roep alle bates van die maatskappy op en betaal die krediteure op ‘n prioriteits basis
Indien daar enige surplus fondse beskikbaar is word dit verdeel tussen die aandeelhouers.
Die maatsakppy is dan amptelik ontbind
Wat is die gevolge van n maatskappy se likwidasie?
Die belangrikste gevolg is dat die maatskappy nie meer die reg het om van bates onslae te raak nie
Die maatskappy mag voortgaan met sy besigheid slegs vir n beperkte rede naamlik die voltooing van die Likwidasie proses.
‘n Likwidasie bevel dien as n kennisgewing van die ontslag van al die maatskappy se werknemers.
Wanner aansoek gedoen word vir likwidasie deur middel van ‘n hofbevel,mag die hof die reg uitoefen om te weier of voort te gaan met stappe teen die maatskappy na sy goeddenke.
Wanneer n likwidateer aangestel is,mag niemand begin of voortgaan met enige regsaksies teen die maatskappy of beslag lê op die bates nie tensy die likwidateur daartoe instem nie.
Likwidasie Dienste in Suid Afrika



